Tuesday, February 12, 2013

KERRIE SPAGHETTI

Ouma Sielie se resep . Hierdie warm slaai is spesiaal vir die manne. Dis heerlik saam met braaivleis.
Bestandele
1 groot ui
kookolie
15ml garlic
klein blikkie tamatiepuree
3lourierblare
2kaneelstokkies
halwe pak spaghettie
Kerriesous
10ml kerrie
5ml borrie
10ml appelkoos konfyt
10ml suiker
2lepels chutney
2lepels tamatiesous
50ml worcestershire sous
100ml water
Bring water tot kookpunt voeg sout by en breek spaghettie in drie dele en kook, spoel in vergieter en hou eenkant.
Gooi genoeg kookolie in pot sodat dit  die hele bodem bedek. Smoor ui en garlic in die olie tot sag en voeg  lourierblare en kaneel stokkies by. Gooi kerriesous by en laat prut op lae hitte.  Voeg nou die tamatiepuree by en roer deur en laastens voeg gaar spaghettie by,voeg sout en roer spaghettie goed deur die sous. Bedien warm saam met braaivleis.
Hierdie warm slaai lewer 6 tot 8 porsies.

No comments:

Post a Comment