Tuesday, February 5, 2013

KERRIE PERSKE SLAAI

Bestandele
500g pasta
1ui
1 greenpepper
halwe blik perskes
handvol rosyntjies
5ml garlic
10ml mielieblom
sout en peper

Kerriesous: 10ml kerrie,5ml borrie,1lepel chutney,2lepels tamatiesous,2t appelkoos konfyt ,2t suiker en 150ml water. Kook pasta en plaas in n vergieter wanneer gaar en  tap koue water oor pasta en laat afkoel en hou eenkant.
Smoor ui , garlic en greenpepper  en voeg kerriemengsel by uie smoor in pot en kook vir 10min.
Los 2 opgehoopte telepels mielieblom in 50ml water en voeg by kerriemengsel en  laat prut vir 5min
Gooi die pasta in n opdien bak,sny perskes in klein stukkies en voeg by pasta . Voeg rosyntjies en sout en peper by.
Roer kerriemengsel in pasta en plaas in yskas.  Genoeg vir 6 mense.

No comments:

Post a Comment