Wednesday, May 15, 2013

MIKROGOLF ARGILLA BAKKE

Argilla bakke is die mees fantastiese bakke as jy wil kook in mikrogolf. Hierdie bakke is n moet he as jy n werkende vrou is. Vars groente smaak net heerliker en dit sonder n druppel water.
Ek gaan vir jul heelwat resepte gee vir die wat al bele het in hierdie bakke. Argilla bakke kan natuurlik in oond ook gebruik word en is ook n mooi opdien bak. Ek besit self 5 Argilla bakke .

SUIKERMIELIEBROOD

Bestandele
1k meelblom
2/3 mieliemeel
1eetlepel bakpoeier
1/2 t sout
4 eetlepels margarien
13ml suiker
4 groot eiers
1 blik sweetcorn
Metode
Smeer bak met margarien. Sif meel,mieliemeel,bakpoeier en sout saam. Frummel die margarien daarin. Voeg suiker by en meng.Klits die eiers en meng dit met die suikermielies.Voeg by meelmengsel en meng.
Die beslag is slap. Skep beslag in gesmeerde bak.Plaas die bak op n omgekeerde piering in mikrogolf
Mikrogolf die brood 17min. Laat die brood 5 min staan. Keer dit op n draadrak uit. Heerlik saam met botter terwyl nog warm.




No comments:

Post a Comment