Thursday, February 21, 2013

RYS KOEKIES

Bestandele
400ml koekmeel
15ml bakpoeier
20ml suiker
5ml sout
5ml swartpeper
500ml gaar rys
1 blik sweetcorn
1 eier
150ml melk
kookolie vir vlak braai
Sif  koekmeel,bakpoeier,suiker en sout saam. Vou rys en sweetcorn in gesifde bestandele in.Klits eier en melk saam en voeg by meel en maak aan tot n sagte deeg. Skep opskeplepels in matige warm kookolie.
Braai die ryskoekie eers aan een kant dan aan ander kant tot goudbruin.
Bedien warm met stroop of heuning bo-oor.Hierdie resep maak so 20 koekies.

No comments:

Post a Comment