Wednesday, March 20, 2013

SWISSROL NAGEREG

Wat n heerlike Sondag was dit nie om n slag onverwagte familie te kon he. Ek het begin kook vir 4,toe kom my seun hier aan en n uur later kom my niggie kuier. 10 min later bel my suster se dogter om vir ons te kom kuier want ouma Sielie het baie na hul verlang en ek ook natuurlik Ek haal toe nog n pak hoender uit wat ek vinnig ontdooi in micro en met n stoompot whala  toe het ek genoeg kos vir 9 mense en toe
vinnig n swissrol poeding aanmekaar geslaan, nig Linda se resep.
Bestandele
1 swiissrol
1 blik perskes
1 blik kondensemelk
halwe koppie suurlemoensap
2 koppies custard
houer room
flake
Sny swiissrol in ringe en pak heel onder in glas bak.  Sny die perskes in klein stukkies en plaas bo-oor koek en bietjie van die perskestroop Klop die kondensemelk en suurlemoensap bymekaar.
Smeer bo-oor swissrol  en dan laag custard. Klop die room en gooi bo-oor custard. Krummel die flake
en strooi oor room.Kan dadelik bedien word . Genoeg vir 10 mense.

Friday, March 15, 2013

MAALVLEIS KERRIE

Ouma Sielie se resep
Bestandele
1 pakkie maalvleis
1ui
4 aartappels
1 blik baked beans
2 t kerrie
1t borrie
2 eetlepels chutney
2 eetlepels tamatiesous
25ml worctershiresous
2 t appelkoos konfyt
2 t suiker
3 lourierblare
2 kaneelstokkies
250ml water
Braai ui in olie en gooi bietjies water op n slag by en smoor tot bruin. Voeg lourierblare en kaneelstokkies by ui.
Meng kerrie,borrie,worctershiresous,chutney,tamatiesous,appelkooskonfyt en suiker in n maatbeker en voeg 250ml water by. Voeg maalvleis by uie smoor en spice met sout en braaivleis speserye en roer .
Voeg kerriemengsel by pot en kook vir 30min met deksel. Voeg nou baked beans by en laat prut vir 5 min sonder deksel.

KOUE PYNAPPEL POEDING

Bestandele
1pakkie pynappel jellie
1 bakkie gladde maaskaas
1 blik kondensemelk
1 blikkie fyn pynappel
Maak jellie aan met 1 koppie warm water en laat afkoel. Voeg jellie by ander bestandele en meng baie goed. Laat stol in yskas.

PLAATKOEKIES

Bestandele
1koppie meel
10ml bakpoeier
kwart teelepel sout
2 eetlepels suiker
2 eetlepels peunut butter
1 eetlepel gesmelte margarine
1 eier
200ml melk
Sif meel, bakpoeier en sout saam.  Klits eier,melk en margarine. Voeg suiker, peunut butter en eiermengsel by droe bestandele en roer goed en laat staan vir 30min.
Verhit olie in n pan vir vlak braai. Plaas lepelsvol in verhitte olie,draai om tot albei kante goudbruin is.
Bedien met stroop . Heerlik vir ontbyt.

Thursday, March 14, 2013

KERRIE RYSSLAAI

Bestandele
4 koppies gaar rys
5 perske helftes in blokkies gesny
1 groot appel gerasper
halwe koppie pitlose rosyntjies
1 greenpepper in klein blokkies gesny
Slaaisous
1 koppie 1000 Island slaaisous
2 eetlepels chutney
5ml kerrie
Meng slaaisous en voeg by ander bestandele in n opdien bak
Genoeg vir 4 mense

Sunday, March 10, 2013

KERRIE PASTA EN KAAS GEREG

Een aand baie jare terug, op n Maandagaand toe ek van die werk af gekom het was ek daardie aand lus vir n pasta maar ook lus vir kerrie. Maandae oggende haal ek altyd n pakkie maalvleis uit want ek kook mos groot op n Sondag middag soos die ou mense maar gedoen het. Dit is mos tradiese wat uit gesterf het by vandag se jong mense.
Kerrie Maalvleis
pakkie maalvleis
2t garlic
1ui
halwe greenpepper
3 lourierblare 2 stukke pypkaneel
sout
braaivleis speserye
garlic en herb speserye
10ml kerrie
5ml borrie
1 lepel chutney
50ml worcestershiresous
2lepels tamatiesous
2 t appelkoos konfyt
2t suiker
200ml koue water
Witsous
2 eetlepels margarine
2 eetlepels meel
knypie sout
peper
450ml melk
Kook n pak 500g macaroni in vinnige kookwater met sout en n paar druppels olie vir 20min. Gooi in vergietes en spoel af in koue lopende kraan water en hou eenkant.
Smoor ui en greenpepper in n bietjie olie.Voeg die lorierblare,garlic en kaneelstokkies by. Voeg nou die maalvleis en speserye en roer. Meng die worcestershiresous,chutney,kerrie,borrie,tamatiesous,suiker en appelkooskonfyt en die water in n beker en meng goed. Voeg kerriemengsel by maalvleis en roer. Kook maalvleis vir 25min tot gaar.
Witsous: Smelt 2 eetlepels margarine in n 500ml glasbeker in mikrogolf. Haal uit en roer 2 eetlepels meel en knypie sout en peper by margarine met bietjie melk en roer tot n gladde paste. Vul die beker met res van melk en roer goed en mikro dit vir 1min. Haal uit en roer weer en mikro vir nog n min so doen jy dit vyf min, maar doen dit n min op n slag en elke keer roer. Die witsous neem 5min in mikrogolf en geen aangebrande pot nie.
Spuit n oondvaste glasbak met spray en cook en plaas macaroni daarin. Voeg die kerriemaalvleis by macaroni en meng goed deurmekaar. Gooi witsous bo-oor en dan 3 koppies gerasperde kaas en bak teen 180 in oond vir 30min.
Hierdie resep is genoeg  vir 6 mense.





Friday, March 8, 2013

VISKOEKIES

Bestandele
1 blik middlecut vis
2 blikke tuna
1ui
1gerasperde aartappel
3 snye brood
1 eier
1lepel chutney
sout en peper
vis spesrye
pietersielie
25ml melk
olie vir vlak braai
Week brood in eier en melk, korsies af gesny.  Kap ui baie fyn Meng bogenoemde bestandele en maak frikkadel bolletjies Rol viskokies in meel.  Verhit olie in n pan en plaas viskoekies daarin. Draai om en braai viskoekies goudbruin aan albei kante.

Tuesday, March 5, 2013

CHOCOLATE MIKROGOLF KOEK

Bestandele
1k meel
1k suiker
knippie sout
15ml bakpoeier
Sif bogenoemde bestandele
Olie mengsel
halwe k olie
3 lepels cocoa
1k water
Mikrogolf olie mengsel 1 min
3 geklitse eiers
Meng oliemengsel by droe bestandele en voeg eiers by.
Spuit plastiek mikrogolf bak met spray en cook en gooi koekmengsel in. Dop piering om en sit bak op piering en mikrogolf koek vir 10min. Laat afkoel en sny koek met gare. Smeer caramel op een helfte
en sit ander helfte op en smeer boonste  deel ook met caramel . Versier met kersies.

Monday, March 4, 2013

HERDERSPATEI (cottage pie)

Bestandele
500g maalvleis
1 ui
halwe greenpepper
2ml neut
1blokkie beef stock
sout en peper
 braaivleis speserye
oroganum
5ml bisto
10ml mielieblom
Mash
4 groot aartappels
15ml botter
20ml melk
aromat
Braai ui en greenpepper in n bietjie olie en smoor tot bruin. Voeg maalvleis by en roer. Gooi speserye behalwe neut oor maalvleis. Los die blokkie beef stock in 200ml kookwater op en voeg by maalvleis.
Sit deksel op en kook vir 25min. Meng bisto en mielieblom in 50ml koue water en voeg by maalvleis en laat prut sonder deksel vir 5min. Kook aartappels in soutwater tot sag. Gooi water af, druk fyn en roer 15ml botter en 20ml melk by aartappels. Gooi vleismengsel in n oondvaste glasbak en smeer fyn aartappels bo-oor en dan neut. Strooi kaas bo-oor en bak vir 30min by 180 grade. (kaas is opsioneel)
Genoeg vir 4 mense.