Monday, February 11, 2013

PAMPOENKOEKIES

Bestandele
500ml gaar pampoen
250ml meel
10ml bakpoeier
2ml sout
5ml fyn kaneel
1 groot eier, geklits
kookolie

Stroop
15ml botter
250ml suiker
200ml melk
30ml suurlemoensap
2 stukke kaneel
Plaas die pampoen in n mengbak en maak fyn. Roer die meel,bakpoier,sout en fyn kaneel saam en meng goed. Roer die geklitste eier daarby en meng weer. Verhit die olie en skep lepelsvol fyn pampoen in die verhitte olie en braai bruin aan weerskante.
STROOP
Verhit al die bestandele vir die stroop, bring tot kookpunt en laat prut vir 15min. Giet die stroop oor die pampoenkoekies.

No comments:

Post a Comment