Monday, April 29, 2013

VETKOEK

Bestandele
2k meelblom
2t bakpoeier
1t sout
1k melk
2 eiers
Sif droe bestandele saam. Klits eiers en melk saam en voeg by droe bestandele Maak n slap deeg.
Verhit olie in n pan, bodem moet goed bedek wees met die olie. Gooi beslag bietjie bietjie in pan en laat dit aan albei kante ligbruin word.Dien op met botter en konfyt.

Tuesday, April 16, 2013

MIELIEBROOD

Bestandele
350ml bruismeel
5ml sout
1 blik sweetcorn
2 eiers
60ml warm melk
 60g stork
halwe k gekapte ui
2ml paprika
Klits eiers en smelt stork vir 20 sek in micro. Plaas sweetcorn,geklitse eiers,sout,30g van gesmelte stork,gekapte ui en warm melk  in mengbak en roer. Voeg bruismeel en paprika by en meng om n deeg te vorm.
Smeer broodpan van ander helfte van gesmelte stork en sprinkel meel in pan. Plaas deeg in pan en bak vir 45 min teen 180c tot die deeg ligbruin van kleur is.

Monday, April 15, 2013

PANNEKOEK

Dis herfs en daar waai n koue briesie buite en wat is heerliker as n paar pannekoeke om aan te peusel.
Vandag gaan ons savoury en soet pannekoeke maak.
Bestandele
1 k meel
halwe  t sout
1 k melk
2 eiers
1 t bakpoeier
Savoury;
1 blik tuna
halwe ui fyn gekap
sout en swart peper
2 gurgins fyn gekap
2 eetlepels mayo
Meng meelblom, bakpoeier en sout saam.Roer klein hoeveelheid melk by en roer tot glad is en geen klontjies in is nie. Voeg  geleidelik res van melk by.Klits die eiers goed en voeg by meel en klop die mengsel baie goed. Gooi bietjies,bietjies mengsel in warm gesmeerde pan en bak aan albei kante ligbruin.
Hierdie resep lewer 8 groot pannekoekke, verdubbel die bestandele as u meer pannekoek verlang.
Meng tuna,ui,gurgins,sout,peper en mayo saam.  plaas in middel van pannekoek vanaf een punt na ander punt en rol toe. Gooi warm witsous oor tuna pannekoeke.
Ander helfte van pannekoeke kan bedien word met kaneelsuiker en stroop.

KOOLFRIIKKADELLE

Bestandele
8 koolblare
500g maalvleis
3 snye brood sonder korsies
1 eier
1fyn gekapte ui
5ml garlic en herb speserye
sout en swart peper
5ml braaivleis speserye
2 eetlepels chutney
1 rou gerasperde aartappel
2ml neut
Week koolblare in kookwater, haal uit en hou eenkant.
Meng bg bestandele behalwe kool en maak bolletjies en rol in meel. Vou een vir een frikkadel toe in koolblaar en steek tande stokkie deur.en plaas in oondbak.
Meng 10ml mielieblom en 1 pakkie bruin uiesop saam met 350ml water en giet oor koolfrikkadelle .
Sit  deksel op en bak op 180c in oond vir 40min. Bedien saam met rys.

Friday, April 12, 2013

KITS OLIESKONS

Bestandele
625ml koekmeel
2ml sout
20ml bakpoeier
60ml kookolie
1 eier
150ml melk
Verhit oond tot 200c. Smeer muffinpan met botter. Sif meel,bakpoeier en sout saam.
Gooi olie in maatbeker en vul met melk tot 250ml en klits. Voeg vloeistof by meel totdat dit n deeg vorm.
Plaas deeg in muffin pan en bak vir 20min tot bruin. Dit lewer 12 skons.

Thursday, April 11, 2013

MAASKAASTERT

Bestandele
1 swissrol
1 bakkie creamed cottage cheese
1 blik kondensemelk
halwe koppie suurlemoensap
1 groot blik pynappel (crushed)
1 pak orleywhip
2 eetlepels vlapoeier
Sny konfytrol in ringe en rangskik in bak. Klits cottage cheese,kondensemelk en suurlemoensap tot dik.
Gooi pynappel in pot en meng vlapoeier met die stroop. Voeg vla by pynappel en roer tot dik.
Skep die cottage cheese mengsel bo-oor swiissrol en dan pynappelmengsel. Plaas in yskas om te stol. Versier met geklopte room bo-oor.

Wednesday, April 3, 2013

LASAGNE

Bestandele
500g maalvleis
250g gesnipperde spek
1ui
1 greenpepper
blik tamatie en uie smoor
500g hawain stirfry
1liter witsous
1 pak lasagne
2t garlic
sout en swart peper
braaivleis speserye
kaas
Smoor uie ,garlic en greenpepper in n bietjie olie. Voeg maalvleis en spek by met 150ml water. gooi speserye in en roer.Sit deksel op en kook vir 15 min. Voeg blik tamatie en uie smoor by met 2t suiker en laat prut vir 5min sonder deksel.  Braai hawain stirfry in 2lepels botter tot gaar.
Smeer bodem van glas bak met witsous en plaas lasagne bo-op witsous tot bedek is.Gooi helfte van maalvleis mengsel bo-op lasagne en versprei egalig. Rasper kaas oor maalvleis en gooi witsous bo-op kaas.
Gooi hawain stirfry bo-oor kaas. Plaas lasagne bo-op stirfry.Gooi maalvleismengsel bo-op lasagne. Gooi kaas en laastens nog witsous en bak vir 40min teen 180
Bedien met vars mengelslaai.
Genoeg vir 6 mense.