Wednesday, May 31, 2017

NACHOS  (Snack)

Bestandele
1 pak Doritos chips
1 ui
1 blik tamatie en uie smoor
   gerasperde cheddar kaas
2 Avos
   sout en peper

Plaas pak doritos chips in oond skottel.
Sprinkel rou fyn gekapte ui bo-oor en dan tamatie en uie smoor.
Laastens strooi gerasperde kaas bo op. Bak vir 15 min by 180g.
Druk die Avo fyn en meng met sout en peper.  Dien Avo langs die kant
saam met Nachos op.
Heerlik saam met Rugby op n Saterdag.

Friday, May 19, 2017

GOURMET OVAL BRAAI BROOD

Oval Brood
cream cheese
Gerasperde cheddar kaas
Gaar bacon en ui
Tamatie
Green Pepper
Crushed Garlic
Fruity Sweet Chilli sous

Metode

Halfeer oval brood en smeer aan albei helftes cream cheese.
Braai die bacon en ui in n pan. Sny green pepper in dun repies.
Sny tamatie in dun skywe. Smeer crushed garlic oor cream cheese.
Pak lae bacon ,ui,green pepper en tamatie op garlic sprinkel gerasperde cheddar kaas heel laaste.
Sprinkel sweet chilli sous op kaas .
Braai op medium kole tot kaas gesmelt is en brooidtjie bros is.



Thursday, May 18, 2017

GOURMET BURGER OP DIE KOLE 

Bestandele
500g pak mince
1 ui
1 gerasperde aartappel
1 weetbix
3 snye 2 dae oue brood korsies af gesny
1 eier
1/4 koppie melk
2 eetlepels chutney
   sout en peper
1/2 teelepel fyn naeltjies
   braaivleis speserye

Metode
Week brood in die eier en melk.  Kap ui baie fyn. Meng al die bestandele met die mince.
Rol groot frikkadel balle en druk bietjie plat.
Braai frikkadel patties 10 minute op n kant op die kole en draai om en braai nog n 10 minute.

Sous vir Burger 
Braai n ui,greenpepper en mushrooms in olie in n swart potjie op kole. Voeg bietjies water by om uimengsel te smoor tot bruin. Meng n halwe pak mushroomsop met n halwe koppie melk of room en voeg by uie mengsel.
Plaas roket blare op rolletjie dan pattie dan kaas en laastens die mushroomsous.