Wednesday, March 20, 2013

SWISSROL NAGEREG

Wat n heerlike Sondag was dit nie om n slag onverwagte familie te kon he. Ek het begin kook vir 4,toe kom my seun hier aan en n uur later kom my niggie kuier. 10 min later bel my suster se dogter om vir ons te kom kuier want ouma Sielie het baie na hul verlang en ek ook natuurlik Ek haal toe nog n pak hoender uit wat ek vinnig ontdooi in micro en met n stoompot whala  toe het ek genoeg kos vir 9 mense en toe
vinnig n swissrol poeding aanmekaar geslaan, nig Linda se resep.
Bestandele
1 swiissrol
1 blik perskes
1 blik kondensemelk
halwe koppie suurlemoensap
2 koppies custard
houer room
flake
Sny swiissrol in ringe en pak heel onder in glas bak.  Sny die perskes in klein stukkies en plaas bo-oor koek en bietjie van die perskestroop Klop die kondensemelk en suurlemoensap bymekaar.
Smeer bo-oor swissrol  en dan laag custard. Klop die room en gooi bo-oor custard. Krummel die flake
en strooi oor room.Kan dadelik bedien word . Genoeg vir 10 mense.

No comments:

Post a Comment