Sunday, March 10, 2013

KERRIE PASTA EN KAAS GEREG

Een aand baie jare terug, op n Maandagaand toe ek van die werk af gekom het was ek daardie aand lus vir n pasta maar ook lus vir kerrie. Maandae oggende haal ek altyd n pakkie maalvleis uit want ek kook mos groot op n Sondag middag soos die ou mense maar gedoen het. Dit is mos tradiese wat uit gesterf het by vandag se jong mense.
Kerrie Maalvleis
pakkie maalvleis
2t garlic
1ui
halwe greenpepper
3 lourierblare 2 stukke pypkaneel
sout
braaivleis speserye
garlic en herb speserye
10ml kerrie
5ml borrie
1 lepel chutney
50ml worcestershiresous
2lepels tamatiesous
2 t appelkoos konfyt
2t suiker
200ml koue water
Witsous
2 eetlepels margarine
2 eetlepels meel
knypie sout
peper
450ml melk
Kook n pak 500g macaroni in vinnige kookwater met sout en n paar druppels olie vir 20min. Gooi in vergietes en spoel af in koue lopende kraan water en hou eenkant.
Smoor ui en greenpepper in n bietjie olie.Voeg die lorierblare,garlic en kaneelstokkies by. Voeg nou die maalvleis en speserye en roer. Meng die worcestershiresous,chutney,kerrie,borrie,tamatiesous,suiker en appelkooskonfyt en die water in n beker en meng goed. Voeg kerriemengsel by maalvleis en roer. Kook maalvleis vir 25min tot gaar.
Witsous: Smelt 2 eetlepels margarine in n 500ml glasbeker in mikrogolf. Haal uit en roer 2 eetlepels meel en knypie sout en peper by margarine met bietjie melk en roer tot n gladde paste. Vul die beker met res van melk en roer goed en mikro dit vir 1min. Haal uit en roer weer en mikro vir nog n min so doen jy dit vyf min, maar doen dit n min op n slag en elke keer roer. Die witsous neem 5min in mikrogolf en geen aangebrande pot nie.
Spuit n oondvaste glasbak met spray en cook en plaas macaroni daarin. Voeg die kerriemaalvleis by macaroni en meng goed deurmekaar. Gooi witsous bo-oor en dan 3 koppies gerasperde kaas en bak teen 180 in oond vir 30min.
Hierdie resep is genoeg  vir 6 mense.





No comments:

Post a Comment