CHUTNEY HOENDER
Bestandele
6 tot 8 stukke Hoender
1 Ui
1 Greenpepper
4 Aartappels
4 Lepels chutney
1 Lepel Stroop
Sout en Peper
Hoender Speserye
Garlic en Herb Spice
2 t Bisto
2 t Mielieblom
Mushrooms
Halwe pakkie cream of mushroomsop
Metode
Braai ui en greenpepper in olie. Plaas hoender stukke in pot en spice.
Meng 2 lepels chutney en 1 lepel stroop in n koppie water en gooi oor hoender en laat kook vir 15 minute met deksel. Skil en halveer aartappels en voeg na 15 minute by hoender.
Meng ander 2 lepels chutney met n halwe koppie water en gooi oor aartappels en laat kook vir 20 minute met deksel. Voeg Mushrooms (opsioneel). Meng bisto,mushroomsop en mielieblom met n klein bietjie water en gooi in pot en roer. Haal deksel af en prut vir 10 minute.
Hierdie is my man Connie se resep en dit kan ook op die kole gedoen word.
Genoeg vir 4 tot 6 mense.
No comments:
Post a Comment