Friday, June 16, 2017

BOONTJIE SOP

Bestandele
1 Pakkie Bees Stew vleis
1 ui
3 Aartappels
3 Wortels
4 Preie  Stingels (Leeks)
1 Blik Tamatie en Uie Mix
1 pakkie Bruin uie sop of 1 pakkie stew mix sop
1 pakkie droe boontjies
3 Lepels Worcestershire Sous
3 Liters Water
2 Blokkies Beef Stock
  Sout en Swart Peper..
  Braavleis Speserye
1 Koppie droe sopmengsel

Metode
Kook boontjies vir n uur in water met sout. Spoel boontjies af in n vergieter. Hou eenkant.
Braai ui en plaas vleis in pot.Voeg sout,peper,worcestershire sous en braaivleis speseryer by vleis. Meng beef stock in 2 liters water en voeg by vleis. Voeg boontjies en droe sopmengsel by vleis en kook vir nog n uur.  Rasper aartappels,
wortels en kap preie. Na n uur voeg aartappels,wortels, preie, blik tamatie en uie mix by. Meng uie sop in liter water en voeg by sop en kook vir nog n uur..
Die pot sop is genoeg vir 6 tot 8 mense. Ek vries altyd sop wat oor is en dan is daar altyd sop vir voorgereg.
Die pot sop neem 3 ure op stadige hitte.


Thursday, June 8, 2017

MARIE BISCUIT POEDING


1 pak marie biscuits
appelkoos konfyt
vla /custard 2 lepels
room
meng vlapoeier met kwart koppie water 
gooi drie kwart koue melk in glas beker kwartkoppie suiker mikro vir 2min haal uit roer voeg aangemaakte custard by, roer sit terug in mikro vir 1min haal uit roer sit terug en so doen jy tot custard dik raak dan is dit gaar
smeer elke marie biscuit liggies met appelkoos konfyt en pak in bak gooi die dun custard bo-oor  beskuitjies.
gooi room bo-oor krummel laaste biscuit bo op room en miskien cherries plaas in yskas vir half uur.
CHUTNEY HOENDER

Bestandele
6 tot 8 stukke Hoender
1 Ui
1 Greenpepper
4 Aartappels
4 Lepels chutney
1 Lepel Stroop
Sout en Peper
Hoender Speserye
Garlic en Herb Spice
2 t Bisto
2 t Mielieblom
Mushrooms
Halwe pakkie cream of mushroomsop

Metode
Braai ui en greenpepper in olie. Plaas hoender stukke in pot en spice.
Meng 2 lepels chutney en 1 lepel stroop in n koppie water en gooi oor hoender en laat kook vir 15 minute met deksel.  Skil en halveer aartappels en voeg na 15 minute by hoender.
Meng ander 2 lepels chutney met n halwe koppie water en gooi oor aartappels en laat kook vir 20 minute met deksel. Voeg Mushrooms (opsioneel). Meng bisto,mushroomsop en mielieblom met n klein bietjie water en gooi in pot en roer. Haal deksel af en prut vir 10 minute.
Hierdie is my man Connie se resep en dit kan ook op die kole gedoen word.
Genoeg vir 4 tot 6 mense.






Friday, June 2, 2017

GEBRAAIDE VARKBOUD EN AARTAPPELS

Bestandele
1 Gevriesde Varkboud
1 Ui
1 teelepel Koljander
   Sout en Cayennepeper
3 Naeltjies
1 Teelepel Garlic en Herb Spice
   Halwe blik Pynappel
6 Aartappels gehalveer
   Olie
2 teelepels Bisto
2 teelepels bruin uie sop
2 teelepls Mielieblom

Metode
Vryf sout, peper,garlic en herb en koljander in boud .
Kap ui fyn en plaas saam met gevriesde boud in n oondskottel met n deksel.
Gooi halwe blik pynappelsap oor boud en pak ringe pynappel op boud.
Sit naeltjies by en plaas in oond op 100g oornag.
Volgende oggend haal boud uit skottel en sit in ander bak en gooi olie liggies oor boud.
Skakel oond aan op 180g. Braai boud 20 min aan n kant tot bruin.
Gooi sous van vorige aand se boud in n pot want die gevriesde boud sal baie sous gemaak het.
Kook Aartappels vir 20 minute in die vleis sous.
Haal uit pot en plaas in bak waar boud in was en sprinkel hoenderspeserye.oor aartappels en dan olie oor aatappels.Braai vir 30 minute in oond op die een kant en dan draai aartappels om en braai vir nog n 30 minute.
Gebraaide aartappels moet dadelik opgedien word.
Meng die bisto, uie sop en mielieblom met n bietjie water en voeg in vleissous waarin aartappels gekook het en laat prut vir 10 minute vir n lekker dik gravy.
Dien op met Geelrys.
Genoeg vir 6 gaste.







Wednesday, May 31, 2017

NACHOS  (Snack)

Bestandele
1 pak Doritos chips
1 ui
1 blik tamatie en uie smoor
   gerasperde cheddar kaas
2 Avos
   sout en peper

Plaas pak doritos chips in oond skottel.
Sprinkel rou fyn gekapte ui bo-oor en dan tamatie en uie smoor.
Laastens strooi gerasperde kaas bo op. Bak vir 15 min by 180g.
Druk die Avo fyn en meng met sout en peper.  Dien Avo langs die kant
saam met Nachos op.
Heerlik saam met Rugby op n Saterdag.

Friday, May 19, 2017

GOURMET OVAL BRAAI BROOD

Oval Brood
cream cheese
Gerasperde cheddar kaas
Gaar bacon en ui
Tamatie
Green Pepper
Crushed Garlic
Fruity Sweet Chilli sous

Metode

Halfeer oval brood en smeer aan albei helftes cream cheese.
Braai die bacon en ui in n pan. Sny green pepper in dun repies.
Sny tamatie in dun skywe. Smeer crushed garlic oor cream cheese.
Pak lae bacon ,ui,green pepper en tamatie op garlic sprinkel gerasperde cheddar kaas heel laaste.
Sprinkel sweet chilli sous op kaas .
Braai op medium kole tot kaas gesmelt is en brooidtjie bros is.



Thursday, May 18, 2017

GOURMET BURGER OP DIE KOLE 

Bestandele
500g pak mince
1 ui
1 gerasperde aartappel
1 weetbix
3 snye 2 dae oue brood korsies af gesny
1 eier
1/4 koppie melk
2 eetlepels chutney
   sout en peper
1/2 teelepel fyn naeltjies
   braaivleis speserye

Metode
Week brood in die eier en melk.  Kap ui baie fyn. Meng al die bestandele met die mince.
Rol groot frikkadel balle en druk bietjie plat.
Braai frikkadel patties 10 minute op n kant op die kole en draai om en braai nog n 10 minute.

Sous vir Burger 
Braai n ui,greenpepper en mushrooms in olie in n swart potjie op kole. Voeg bietjies water by om uimengsel te smoor tot bruin. Meng n halwe pak mushroomsop met n halwe koppie melk of room en voeg by uie mengsel.
Plaas roket blare op rolletjie dan pattie dan kaas en laastens die mushroomsous.