Wednesday, January 30, 2013

HOENDER ROERBRAAI

3 hoenderborste
sout en vars gemaalde swartpeper
100g spaghettie
125ml  soetsuursous
hoender speserye
halwe pak sampioene
1ui
1groen soetrissie
10ml soyasous
50ml olyfolie
1 hoender stock
500g stirfry groente
garlic en herb speserye

Metode
Kook hoender met die hoender stock wat opgelos is in 200ml kookwater vir 25min. Laat afkoel, trek vel af en pluis hoender uit en hou eenkant. Bring water tot kookpunt in n klein potjie en halveer spaghettie en voeg by . Dreineer spaghetti in vergieter en gooi koue water booor en hou eenkant.
Roerbraai ui, groen soetrissie vir 5min, dan voeg sampioene en stirfry by. gooi soyasous in en roerbraai vir 10min. Voeg hoender en speserye by. roerbraai vir 5min en heel laastens kom die spaghettie en soetsuur sous booor en roerbraai vir 5min.   In die roerbraai proses as groente droog raak kan n bietjie van jou hoenderaftreksel waarin jy die hoender gekook het gebruik.


1 comment: