Friday, June 2, 2017

GEBRAAIDE VARKBOUD EN AARTAPPELS

Bestandele
1 Gevriesde Varkboud
1 Ui
1 teelepel Koljander
   Sout en Cayennepeper
3 Naeltjies
1 Teelepel Garlic en Herb Spice
   Halwe blik Pynappel
6 Aartappels gehalveer
   Olie
2 teelepels Bisto
2 teelepels bruin uie sop
2 teelepls Mielieblom

Metode
Vryf sout, peper,garlic en herb en koljander in boud .
Kap ui fyn en plaas saam met gevriesde boud in n oondskottel met n deksel.
Gooi halwe blik pynappelsap oor boud en pak ringe pynappel op boud.
Sit naeltjies by en plaas in oond op 100g oornag.
Volgende oggend haal boud uit skottel en sit in ander bak en gooi olie liggies oor boud.
Skakel oond aan op 180g. Braai boud 20 min aan n kant tot bruin.
Gooi sous van vorige aand se boud in n pot want die gevriesde boud sal baie sous gemaak het.
Kook Aartappels vir 20 minute in die vleis sous.
Haal uit pot en plaas in bak waar boud in was en sprinkel hoenderspeserye.oor aartappels en dan olie oor aatappels.Braai vir 30 minute in oond op die een kant en dan draai aartappels om en braai vir nog n 30 minute.
Gebraaide aartappels moet dadelik opgedien word.
Meng die bisto, uie sop en mielieblom met n bietjie water en voeg in vleissous waarin aartappels gekook het en laat prut vir 10 minute vir n lekker dik gravy.
Dien op met Geelrys.
Genoeg vir 6 gaste.







No comments:

Post a Comment