Thursday, May 18, 2017

GOURMET BURGER OP DIE KOLE 

Bestandele
500g pak mince
1 ui
1 gerasperde aartappel
1 weetbix
3 snye 2 dae oue brood korsies af gesny
1 eier
1/4 koppie melk
2 eetlepels chutney
   sout en peper
1/2 teelepel fyn naeltjies
   braaivleis speserye

Metode
Week brood in die eier en melk.  Kap ui baie fyn. Meng al die bestandele met die mince.
Rol groot frikkadel balle en druk bietjie plat.
Braai frikkadel patties 10 minute op n kant op die kole en draai om en braai nog n 10 minute.

Sous vir Burger 
Braai n ui,greenpepper en mushrooms in olie in n swart potjie op kole. Voeg bietjies water by om uimengsel te smoor tot bruin. Meng n halwe pak mushroomsop met n halwe koppie melk of room en voeg by uie mengsel.
Plaas roket blare op rolletjie dan pattie dan kaas en laastens die mushroomsous. 
 




No comments:

Post a Comment