Monday, April 20, 2015

VINNIGE SEEKOS POTJIE

Bestandele

15ml botter
15ml visolie
1 groot ui
4t garlic
15ml visspesserye
2 bay leaves
3 selderystingels
1 blik gekapte tamaties
125ml droe witwyn
500ml water
1 knorr veg stock pot
sap van 1 suurlemoen
2t suiker
500g stokvis
1 pak gevriesde seekos mengsel
15ml mielieblom250ml room
125ml vars pietersielie
gemaalde swart peper
5ml sout

METODE

Smelt botter en olie in swart pot oor medium kole. Voeg gekapte ui en selderystingels by en braai tot sag. Voeg garlic,sout ,peper en vis spice by en roer vir nog n min.Voeg blik tamaties 2t suiker bayleaves,suurlemoensap en wyn by. Voeg groente stock en water by en kook vir 20min.
Meng mielieblom en room bymekaar en hou eenkant. Na 20min om is voeg hake blokkies en seekos mengsel by pot en laat prut vir 8 min. Roer pietersielie en room mengsel in pot en laat prut vir 5 minute sodat pot kan verdik. Dien op met wit Rys.


No comments:

Post a Comment