Wednesday, October 14, 2015

KERSFEES VRUGTEKOEK

Hierdie floplose kerskoek is ouma Cilie se resep. Hierdie resep is meer as 60 jaar oud.
Elke Kersfees het my ma vir ons en haar vriendinne kerskoek gebak.
Kersfees kom aan en hierdie koek kos meer as die helfde goedkoper as in die winkels.

BESTANDELE
 500G koekvrugtemengsel
1 houer cherries
1 pak dadels
Neute
125g Margerine
1k suiker
1k water
1k brandewyn
1t koeksoda
2t fyn kaneel
2t fyn gemmer
2t gemengde speserye
2t vanilla essence
Kook bogenoemde bestandele vir 5 tot 7 minute en laat afkoel.

Voeg by;
2 Eiers
2 k meel
2t bakpoeier
sout

Meng goed en meng laaste vanilla essence by.
Bak vir 40 min teen 180 grade en dan 20 min op 150 grade